Bemarking en Verkope onder een dak, neem jou idees na die volgende vlak! Kom netwerk met mense in jou beroepsveld en leer nuwe tegnieke. Vul ook jou maatskappy se inligting in om aan ons spoednetwerkgeleentheid deel te neem en jou netwerk nóg meer uit te brei.
Jy kan uitsien na die kundige spreker, Lizette Volkwyn!Â
Jy kan uitsien na die kundige spreker, Lizette Volkwyn! Lizette Volkwyn is ʼn meesterlewensafrigter, skrywer, internasionale spreker en een van slegs twee gesertifiseerde Paul Ekman Instituut (PEI)-leuenverklikkers in Suid-Afrika.
Ten spyte van haar sukses het Lizette nog altyd die behoefte gehad om haar vaardighede en kennis te gebruik om ander te help om hulle potensiaal te bereik. Dit het haar geïnspireer om haar eie konsultasie-agentskap te begin. Daarna het sy die nodige kwalifikasies verwerf om hierdie droom te verwesenlik en sy het in 2012 haar meesterskursus in lewensafrigting asook haar meesterskursus in neuro-linguïstiese programmering (NLP) voltooi. Sy het dit opgevolg met ʼn waarheid- en kredietwaardigheidsertifikaat in 2013, en in 2020 het sy ook ʼn kursus in positiewe sielkunde voltooi. Meer onlangs, in 2023, het sy haar sertifisering in emosionele intelligensie gedoen.
Lizette het al heelwat erkenning vir haar werk gekry – in 2018 is sy deur Businesswomen of South Africa as een van die topdrie- opkomende entrepreneurs aangewys en sy was ook ʼn finalis in Margaret Hirsch se Besigheidsvrou van die Jaar-kompetisie. In 2019 en 2021 het sy benoemings gekry vir Changemaker SA en Extraordinary Changemaker Africa, en sy het ʼn toekenning vir besigheidsuitnemendheid vir afrigters en mentors ontvang.
Besonderhede oor die geleentheid:
DATUM: 5 Junie 2025Â | TYD: 18:00Â | KOSTE: R100 p/kaartjie | RSVP: Voor of op 30 Mei 2025
PLEK: Spekboom-lokaal, Solidariteit Hoofkantoor, h.v. DF Malanlaan en Eendrachtstraat, Kloofsig, Centurion