29 Februarie 2024

Plaas diens@solidariteit.co.za in jou adresboek om te verseker dat jy e-pos van Solidariteit ontvang. Indien hierdie e-pos nie reg vertoon nie, kyk na die aanlyn-weergawe.

SAPD-HOOFKANTOOR SLUIT NA HAGLIKE ONTHUL

Die hoofkantoor van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) in Pretoria is ongeskik vir menslike gebruik verklaar en moes gister inderhaas ontruim word.

VIDEO

Skink vir jou ʼn koppie boeretroos en kom luister na Februarie 2024 maand se nuus in ʼn neutedop saam met Heléne Leonard. Hier roer ons ‘n paar sake aan wat oor die afgelope maand belangrikste nuusgebeure was vir Solidariteit spesifieke en natuurlik vir al sy lede ook.

SOLIDARITEIT VRA DRINGENDE ONDERSOEK NA REGTER MOTHA

Solidariteit se Regsnetwerk het ʼn aanmaning aan die Regterlike Dienskommissie gestuur met die versoek dat regter Motha ondersoek en van die regbank verwyder word.

SENTRALISERING VAN MAGTE: GROTER GEVOLGE WEENS DIE BELA-WETSONTWERP

Die boodskap is duidelik: Die impak op ons kinders raak ons as gemeenskap diep, soos deelnemers aan die paneelgesprek by die Bela-beraad aangedui het.

Storie van die week

Solidariteit se Bela-beraad en die gevolge van die wet

Wat is die impak van die Bela-wetsontwerp en hoe kan dit onderwysers, skole en jou kind raak? Kyk hier om antwoorde op jou vrae te kry.

KANTOORPRAKTISYNS, KOM KENNIS EN KLETS SAAM!

Solidariteit glo dat elkeen bemagtig moet word sodat hulle hul beste voetjie voor kan sit. Daarom die kantoorpraktisyns-netwerk vanjaar weer ʼn reeks Kennis en Klets-sessies aan.

SOL-TECH SE PLAASHUIS: ʼN TWEEDE TUISTE VIR STUDENT

Paul van Deventer, Besturende Direkteur van Sol-Tech, sê gereeld: “Môre begin vandag.” Dié aanhaling is spesifiek gepas vir die mylpaal wat Sol-Tech vanjaar bereik.

Promosie-artikel

Bo-Karoo Opleiding gaan van krag tot krag

Goeie opleiding is skaars en ʼn tekort aan vaardighede belemmer jou toekoms en werksekerheid – dit is juis die vraagstuk wat die Solidariteit Boufonds takel.

Solidariteit streef daarna om al die redelike stappe te voldoen soos vervat in die POPI-wetgewing. Om meer uit te vind oor hoe Solidariteit na elke Solidariteit-lid se belange omsien besoek gerus Solidariteit se webblad waar alle beleide insluitend die Privaatheidsbeleid beskikbaar is. Bepalings en voorwaardes kan op die volgende skakel gevind word. Klik hier