Stem vir jou beroepsnetwerk se adviesraad
Vandag kry jy die geleentheid om vir die adviesraad te stem wat jou beroep binne Solidariteit gaan verteenwoordig.
Elke adviesraad bestaan uit lede wat hul kennis, ervaring en tyd beskikbaar stel om die belange van hul beroepsgemeenskap te dien en saam te bou aan sterker beroepsnetwerke.
Hoe werk die stemming?
- Kies jou beroepsnetwerk.
- Merk die kandidate waarvoor jy wil stem.
- Jy mag vir maksimum agt (8) kandidate stem.
- Jy mag slegs een keer per kandidaat stem.
- Dien jou stem in voordat die stemming sluit.
Neem asseblief kennis: ʼn Stemming vind slegs plaas in beroepsnetwerke waar daar meer as agt geldige genomineerde kandidate is.