Die #LeerMyLeierskap-reeks is geskep om jong mense te help ontdek dat leierskap nie by ʼn titel of ʼn balkie begin nie, maar by wie hulle is en hoe hulle elke dag optree. Hierdie praktiese en inspirerende reis rus tieners toe met die vaardighede, insig en selfvertroue om ʼn werklike verskil te maak – waar hulle ook al is.

Deelnemers aan die reeks sal leer oor hul unieke leierskapstyl en hoe om met integriteit op te tree. Dit leer hulle ook hoe om ander mense te dien en saam aan ʼn beter toekoms te bou. Deur realistiese scenario’s, interaktiewe aktiwiteite en persoonlike refleksie, leer hulle dat hul keuses saak maak, hul stemme tel en hul optrede ʼn impak het.

#LeerMyLeierskap is ʼn unieke program vir onderwysers om as ʼn hulpbron te gebruik om leerders te help verstaan dat leierskap oor meer as net ʼn titel of ʼn balkie gaan.

Susan O’Reilly

Susan is ʼn dosent in die Fakulteit Opvoedkunde by Akademia, waar sy in verskeie programme lesings aanbied. As opgeleide navorsingsielkundige was sy vir ’n aantal jare in praktyk en het sy, ná voltooiing van haar NGOS, ook skoolgehou. Haar navorsing fokus op verhoudings binne die skoolkonteks, met ’n besondere belangstelling in die dinamika van interaksie en ondersteuning in leeromgewings. Sy het reeds verskeie leiersposisies op skoolvlak, tersiêre vlak en in die werksplek beklee, en dien tans as Departementshoof van Opvoedkundigestudies by Akademia

Besonderhede oor die geleentheid:

DATUM:  28 Mei 2026
TYD:09:30 vir 10:00-12:00
PLEK:West Café,
Forest Walk winkelsentrum,  Maroelanastraat 27,
Maroelana, Pretoria,
0161
RSVP: Teen 22 Mei 2026.

Bespreek jou plek hier deur die volgende vorm te voltooi.

#LeerMyLeierskap
Gaan jy die geleentheid bywoon?
Bepalings en voorwaardes