Is jy gereed vir ʼn OHSC-inspeksie?

Sluit op 28 Mei 2026 om 10:00 by Solidariteit se gratis webinaar aan waar die Office of Health Standards Compliance (OHSC) jou stap vir stap deur die inspeksieproses gaan neem. Hierdie sessie is spesifiek ontwerp vir ontvangspersoneel en praktykadministrateurs – die mense wat dikwels eerste met inspekteurs te doen het.

Tydens hierdie praktiese opleiding sal jy leer:

– hoe ʼn inspeksie op die dag verloop;

– wat van jou en jou praktyk verwag word;

– hoe die inspeksie-instrument werk; en

– watter administratiewe en ondersteuningsdienste
geëvalueer word (insluitend skoonmaak, afvalbestuur en meer).

Bespreek jou sitplek hier:

OHSC Webinaar
Checkboxes

Hierdie is ʼn unieke geleentheid om eerstehands insig te kry van die OHSC-span en seker te maak jou praktyk voldoen aan die vereiste standaarde.

Moenie hierdie waardevolle geleentheid misloop nie!