Daar kan nét een wenner wees: Rekeningkunde óf Regte. Ons glo nie jy is die beste net omdat jy so sê nie. Kom wys vir ons jy is die beste en stap weg met die wisseltrofee én spogregte.
Hierdie geleentheid is ʼn vasvra-aand waar Akademia se Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe teen Akademia se Fakulteit Regsgeleerdheid gaan meeding om te bepaal watter fakulteit die beste in praktyk is en nie net op papier nie.
Skryf ʼn span van vier in en wys vir ons dat jy meer kan doen as somme maak en sake wen.
Dit is die studente se taak om nie net die beste in hul fakulteit te wees nie, maar ook om die dosente en klerke te wen.
Besonderhede oor die geleentheid:
DATUM:
16 Julie 2026
TYD:
18:00 vir 18:30
PLEK:
Akademia, Leriba-kampus, Boerneef-gebou
RSVP:
Voor of op 10 Julie 2026 (beperkte plek beskikbaar)
Bespreek jou plek hier deur die volgende vorm in te vul:
Die vorm is tans gesluit.