Bespreek jou sitplek hier:

Skolier webinaar sessie 2 - 2026
Checkboxes

*Die webinaar word op 12 Maart 2026 om 19:00 regstreeks op Solidariteit se platform uitgesaai. Om in te skakel, registreer jou gratis profiel hier. 

Hoe kan jy jou kind in hul seisoen van leierskap help?

Wanneer ʼn tiener as leier by die skool gekies word, betree hulle ʼn wêreld van nuwe verantwoordelikhede, verwagtinge en soms moeilike besluite. Dit is ʼn wonderlike groeigeleentheid, maar kan ook druk, kritiek en onsekerheid meebring.

As ouer hoef jy nie al die antwoorde te hê nie – soms is jy net die skouer om op te huil en die oor wat luister. Dit is dikwels presies wat jou tiener nodig het.

Solidariteit se #Leierskap-webinaar help ouers om hul kinders doelgerig by te staan wanneer hul in leiersposisies staan of daarna streef. Jy leer hoe om jou tiener se selfvertroue te versterk, emosionele veerkragtigheid te bou en hoe om hulle te help om uitdagings soos konflik, verantwoordelikheid en kritiek gesond te hanteer.

Kom gesels saam met dr. Serahni Symington oor:

– hoe om jou kind te ondersteun sonder om oor te neem;

– maniere om selfvertroue en verantwoordelike besluitneming te bevorder;

– praktiese riglyne vir die hantering van druk en kritiek;

– hoe om konflik en aanspreeklikheid op ʼn positiewe manier te benader; en

– hoe om met waardes, wysheid en selfvertroue te lei.

Spreker: Dr. Serahni Symington

Dr. Serahni Symington het in 2014 haar PhD in Sielkunde verwerf en is tans ʼn dosent en direkteur van studentesake by die Cornerstone Institute, waar sy sedert 2015 werksaam is. Sy het ook ʼn privaat praktyk in Durbanville waar sy as geregistreerde berader praktiseer. Sy het haar B(Psych) en haar MDiac in Spelterapie in 2010 voltooi. Haar vorige onderrigposisie was by Northlink College (2014-2015).