Het jou kind pas ’n leierskapposisie ontvang of droom hulle daarvan om een te beklee?
Leierskap is ’n voorreg, maar dit kom met druk, kritiek en konflik. In die volgende webinaar van Solidariteit se Skoliere-aanbod leer jy hoe om jou tiener te ondersteun, hulle selfvertroue te bou en hulle suksesvol deur hul leierskapreis te begelei.
Skakel in by Solidariteit se gratis #Leierskap-webinaar en leer jy hoe om jou tiener te ondersteun, hul selfvertroue te bou en hulle suksesvol deur hul leierskapreis te begelei.
Yolandi Singleton, maatskaplike werker en terapeut deel praktiese raad oor:

hoe jy jou kind emosioneel en strategies kan ondersteun in ’n leierskapposisie;

hoe om konflik en druk te hanteer as deel van hul rol; en

hoe jy saam met hulle kan groei en leer in hul rol as jong leier.
Bespreek jou sitplek hier:
Oeps! Hierdie blad is nou gesluit!
Besoek gerus www.solidariteit.co.za vir meer inligting oor die #Leierskap-webinaar.
*Stuur gerus enige navrae na skolier@solidariteit.co.za