Kom geniet ons vasvra-aand met ʼn Mexikaanse kinkel in die kabel!

Wie is kaas en wie is baas? Dit sal jy moet kom uitvind! Toer saam met ons deur Solidariteit se Studente-aanbod en eindig met ʼn “boerito” in jou hand! Dit gaan ʼn aand vol pret en lekker herinneringe wees.

Onthou om iets Mexikaans saam te bring wat jy as ʼn gelukbringer kan gebruik. Jy wil beslis nie so uitvoel soos ʼn perske in ʼn salsa nie.

Meer besonderhede oor die geleentheid:

DATUM:

2 April 2025

TYD:

16:00

PLEK:

Sowel As – Akademia | Leriba-kampus

RSVP:

Voor of op 26 Maart 2025

RSVP hier deur die volgende vorm in te vul:

Die vorm is tans gesluit.