Digitale media en KI – slim tegnologie vir beter verkope!
Die verkoopspeelveld ontwikkel en verander daagliks. Sommige mense is van mening dat “die robotte besig is om oor te neem” en dat kunsmatige intelligensie (KI) té slim raak. Wanneer jou verkoopstrategie egter doelgerig, relevant en strategies beplan word, kan jy KI en digitale media as jou nuwe verkoopswapens benut.
Solidariteit se #VlymskerpVerkope-webinaar bespreek op 14 April 2026 om 13:00 hoe jy KI en digitale media tot jou voordeel kan gebruik om vinniger vertroue te bou, beter met kliënte op te volg en nóg ʼn “ja” in jou sak te steek.
Kom gesels saam oor:
– hoe om sosiale media strategies te gebruik om geloofwaardigheid te bou vóór die eerste gesprek met ʼn kliënt;
– hoe om KI as jou persoonlike verkoopsassistent te benut;
– hoe die nuwe “verkoopstregter” in ʼn digitale wêreld werk; en
– hoe om tegnologie te gebruik sonder om die menslike element in verkope te verloor.
DATUM:
Donderdag, 14 April 2025
TYD:
13:00
DUUR:
30 minute
KOSTE:
Gratis
PLEK:
Aanlyn op Microsoft Teams
Voltooi die vorm om jou plek te bevestig:
Teken dié datums aan vir ons volgende Kennis en Klets-sessies:
Sessie 6: Donderdag 22 Oktober 2024 Spreker: Marisa Engelbrecht van Solidariteit
Tema: Konflik en konflikbestuur in die werkplek