Kantoorpraktisyn: Die gebruik van Chat GPT en AI in die werkplek

Kunsmatige intelligensie (KI), soos onder meer ChatGPT en AI, blyk die nuwe gonswoord te wees, en alhoewel kenners sê dit hou meer voordele as nadele in, is daar steeds ʼn groep van ons wat wonder of ons bang of bly hieroor moet wees.

Die Solidariteit Kantoorpraktisynsnetwerk se aanlyn middagete-sessie bespreek hierdie omstrede onderwerp tydens die gewilde Kennis en Klets-sessie wat binne die groter “Wees die beste jy-reeks in 2024 aangebied word. Johan Koekemoer, hoof van onderrig en leer by die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum, gesels met kantoorpaktisyns en deel sy kennis oor KI (Chat GPT en AI) en die impak daarvan, spesifiek op die kantoorpraktisyn en werkplek, met ons deel.

Die volgende onderwerpe sal tydens dié sessie bespreek word:

Wat is KI (Chat GPT en AI) en wat beteken dit vir my werk?

Moet ek bedreig voel dat KI (Chat GPT en AI) dalk my werk gaan oorneem?

Hoe kan ek KI (Chat GPT en AI) inspan om slimmer te werk?

Indien jy skepties is oor die impak van KI en bekommerd is dat kletsbotte eersdaags die wêreld van werk gaan oorneem, moet jy nie dié sessie misloop nie!

DATUM:

Woensdag, 24 Julie 2024

TYD:

13:00

DUUR:

30 minute

KOSTE:

Gratis

PLEK:

Aanlyn op Microsoft Teams

Nooi gerus jou beste vriendin, kollega of ʼn familielid om die sessie saam met jou by te woon!

Johan Koekemoer is tans die hoof van onderrig en leer by die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum, waar hy ʼn rol speel in die skep van ʼn verrykende onderrig- en leermodel. Daarbenewens verleen hy sy kundigheid deeltyds by die Opvoedkunde Fakulteit van Akademia, met ʼn spesiale fokus op Wiskunde. “Hierdie rolle bewys my roepingstaak in die onderwyssektor, sowel as my begeerte om ʼn positiewe impak op die onderwyservaring van die toekomstige geslag te maak ,” sê Johan.

Johan beskryf homself as ʼn toegewyde familieman, gelukkig getroud en die trotse pa van vyf pragtige kinders. Sy akademiese agtergrond is divers, met ʼn graad in Meganiese Ingenieurswese, gevolg deur twee meestersgrade – een in Opvoedkunde en die ander in Besigheidsadministrasie. “Hierdie opvoedkundige agtergrond ondersteun my toewyding aan lewenslange leer en my vermoë om my kennis van verskeie gebiede in samehang te sien.”

“My grootste roepingstaak en hooffokus is my gesin, wat die fondament van my lewe vorm met Christus as die hoeksteen. Tweedens fokus ek ook op my betrokkenheid by die onderwyslandskap, waar ek my kennis en ervaring benut om innoverende oplossings te ontwikkel. Hierdie oplossings is daarop gemik om kinders toe te rus met die nodige vaardighede en kennis om te floreer in ʼn wêreld wat voortdurend verander. My benadering tot opvoeding is holisties en toekomsgerig, met ʼn sterk oortuiging dat opvoeding die sleutel tot die ontwikkeling van veerkragtige, aanpasbare en suksesvolle kinders is,” benadruk Johan.

Voltooi die vorm om jou plek te bevestig:

Kennis en klets 4
Checkboxes

Teken dié datums aan vir ons volgende Kennis en Klets-sessies:

Donderdag, 29 Augustus 2024 met Hannie Viljoen van Solidariteit Helpende Hand

Tema: Liewe Baas, sien my raak!