Gee jou kind se wiskundedrome vlerke!

Niks moet kinders daarvan weerhou om goed te kan presteer nie. Daarom nooi ons alle graad 10- en 11-leerders uit om vir hierdie GRATIS Wiskunde-winterskool in te skryf. Die winterskool word aangebied in samewerking met Solidariteit, Akademia en Sol-Tech, en is spesiaal saamgestel vir leerders wat daardie ekstra hupstoot nodig het om hul volle potensiaal te bereik.

Wat om te verwag:

Interaktiewe sessie aangebied deur toplektore van Akademia en Sol-Tech

Praktiese probleemoplossingsessies

Individuele aandag

Verwelkomingspakkie en verversings

Wie is die aanbieders?

Santie Louw –

het 35 jaar ondervinding as onderwyser en spesialiseer in Wiskunde. Sy is tans ʼn dosent by Akademia en doen, buiten vir klasgee, verdere navorsing en ontwikkeling vir die modules waarby sy betrokke is.

Ruan de Villiers –

is ʼn lektor by Sol-Tech en bied Wiskunde, Wetenskap, en Inleiding tot Ambagstudies aan. Sy passie is om leerders te help verstaan hoe wiskunde en wetenskap in die regte wêreld toegepas word.

Ruan de Villiers –

is ʼn lektor by Sol-Tech en bied Wiskunde, Wetenskap, en Inleiding tot Ambagstudies aan. Sy passie is om leerders te help verstaan hoe wiskunde en wetenskap in die regte wêreld toegepas word.

Michelle Michau –

is ʼn dosent by Akademia, waar sy Dinamika 3, Wiskunde vir Programmering, en Reële en Komplekse Analise doseer. Sy het ook vir vier jaar vir graad 8- tot 12-leerders skoolgehou.

Veniece Janse van Rensburg –

is ʼn BSc (Wiskundige Wetenskappe)-finalejaarstudent by Akademia en spesialiseer in beide wiskunde statistiek en suiwer wiskunde. Sy is tans ʼn lektorassistent vir generiese teorie by Sol-Tech.

Veniece Janse van Rensburg –

is ʼn finalejaar BSc Wiskundige Wetenskappe-student by Akademia en spesialiseer in beide wiskunde statistiek en suiwer wiskunde. Sy is tans ʼn lektorassistent vir generiese teorie by Sol-Tech.

Mariana Strydom –

doseer tans in Wiskunde-onderwys aan Akademia se Fakulteit Opvoedkunde. Sy het ʼn absolute passie vir wiskunde en haar wens is dat elke graad 11- en 12-leerder die vak met selfvertroue sal bemeester.

Voltooi gerus die onderstaande vorm om jou kind se plek te bespreek:

Die vorm is tans gesluit.