Van klerk na kundige: Bou voort en verstaan arbeidsreg prakties

Van dissiplinêre verhore tot die arbeidshof – kry praktiese insigte van ’n regskenner!

As klerk gaan jy gewis met arbeidsreg in aanraking kom – van die opstel van dissiplinêre dokumente tot die bywoning van arbitrasies. Met dié sessie van Solidariteit se immer gewilde #Klerkskap101-webinaarreeks leer jy direk by iemand wat hulle daagliks met die arbeidsreg bemoei.

Kom gesels op 22 Mei 2025 om 17:30 met Dana Grové oor hoe jy as ʼn eerstejaarskandidaatprokureur arbeidsreg kan bemeester!

Skryf nóú in om die derde sessie van hierdie opwindende reeks webinare by te woon:

Klerkskap101 Sessie 3

Dana Grové het sy studie aan die Universiteit van Pretoria voltooi en spesialiseer in arbeidsreg. Hy beskik oor ’n nagraadse kwalifikasie in Gevorderde Arbeidsreg en is tans besig met ’n gesogte sertifikaatprogram in Arbeidsregtelike Geskilbeslegting aangebied deur die Universiteit Stellenbosch en die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA).

Sy loopbaan het begin as ’n arbeidsregkonsultant waar hy werkgewers met regsadvies ondersteun het. Hy is tans ʼn organiseerder by Solidariteit in die Mynbou- en Landbousektore, waar hy daagliks arbeidsregshulp aan werkgewers én werknemers verleen.

Dana glo dat arbeidsreg ʼn roeping is – om mense te help en waarde tot hul werklewe toe te voeg.

Watter temas gaan Dana tydens die sessie bespreek?

Wat is die KVBA en hoe funksioneer dit?

– Redes waarom partye die KVBA nader
– Wat word tydens die proses verwag?

Wat is ’n “Con/Arb”-proses en hoe verskil dit van ander prosesse?

– Die verloop van ʼn “Con/Arb”-proses
– Waarop jy as regsverteenwoordiger moet let:

Wanneer en hoe mag ’n klerk iemand verteenwoordig?

– Grense van verteenwoordiging by die KVBA
– Reëls vir deelname

Van dissiplinêre verhoor tot die arbeidshof

– Basiese dissiplinêre prosesse: briewe, kennisgewings en uitkomste
– Wanneer ʼn saak na die arbeidshof verwys word

Praktiese dokumente en voorbeelde

– Aanklagtes
– Skikkingsooreenkomste
– Verdedigingsantwoorde / reaksies op klagtes