Leierskap sonder ʼn titel: Dienend, nederig en met invloed
Leierskap gaan nie oor titels of posisies nie – dit gaan oor invloed, karakter en roeping. In hierdie sessie ontdek ons hoe elkeen van ons, ongeag ons formele rol, geroep is om ʼn verskil te maak. Ons gesels oor die belangrikheid van emosionele intelligensie, nederigheid en hoe om daagliks as ʼn leier op te tree waar jy geplant is.
Kom vind op 25 Junie 2025 om 13:00 uit hoe ware leierskap begin by die manier waarop jy ander inspireer, dien en saam op reis neem.
DATUM:
Woensdag, 25 Junie 2025
TYD:
13:00
DUUR:
30 minute
KOSTE:
Gratis
PLEK:
Aanlyn op Microsoft Teams
Voltooi die vorm om jou plek te bevestig:
Die vorm is tans gesluit.
René Roux
René Roux is die bestuurshoof van media en woordvoerder by Solidariteit Helpende Hand. Sy is al agt jaar by Helpende Hand betrokke en het voorheen in die media gewerk by Maroela Media, AfriForum en Sasol. Sy is ʼn trotse mamma van ʼn pragtige dogtertjie en die toegewyde vrou van haar man, op wie sy steeds dolverlief is. René het haar studies aan die Noordwes-Universiteit in Potchefstroom voltooi en is tans besig met ʼn nagraadse kwalifikasie in Kommunikasie en Media by Akademia. As trotse Puk en Fontie het sy ʼn passie vir taal en storievertelling. Sy het haar eie digbundel gepubliseer en lewer gereeld bydraes tot Voelgoed Media, JUIG! Tydskrif en Maroela Media. Buiten haar liefde vir skryf, is sy ook ʼn entoesiastiese leser en jagter.