Solidariteit wil deur die #JongReus erkenning gee aan ’n student wat talent, ywer, passie en toewyding gedurende hul studie toon. ‘n Jong Reus is oplossinggedrewe, staan nie terug vir ‘n uitdaging nie is gemotiveerd om te leer neem die voortou in situasies met toewyding, eerbaarheid en ywer.

  1. Nomineer ‘n Bo-Karoo student vir die #JongReus-kompetisie en gee aan hierdie talentvolle studente die erkenning wat hulle toekom.
  2. Daar is twee kategorieë vir 2025 se #JongReus-kompetisie
    1. JongReus: Landbou
    2. JongReus: Ambag
    3. Nominasies is gratis. Studente kan hulself nomineer, ‘n mede-student nomineer of enige Bo-Karoo Opleiding personeellid kan ‘n student nomineer.
    4. Deelname aan die kompetisie impliseer aanvaarding van alle bepalings, reëls en voorwaardes. Die kompetisie duur vanaf 17 Junie tot 16 Julie 2025 wanneer die wenner aangekondig word.
    5. Elke deelnemer moet aan die volle proses deelneem om in aanmerking te kom vir ‘n prys. Dit is elke deelnemer se eie verantwoordelikheid om op te daag vir die nodige aktiwiteite ten einde die proses van die kompetisie te voltooi.

5.1 Word genomineer tussen 17 Junie en 8 Julie 2025

5.2 Aanvaar sy/haar nominasie tussen 17 Junie en 8 Julie 2025.

5.3 Vanuit die nominasies sal deelnemende kandidate gekies word op grond van Solidariteit en Bo-Karoo Opleiding se gesonde diskresie. Kriteria vir die uitverkiesing van kandidate is beskikbaar per versoek. Kandidate neem dan deel aan Ambagresies/Landbouresies op 15 Julie 2025.

5.4 Top 5 kandidate van beide kategorieë neem deel aan onderhoude op 16 Julie 2025. Die beslissing van top-5 kandidate vir die onderhoude is finaal.

5.5. Vanuit die onderhoude, ambag- en landbouresies en ander kriteria sal ‘n wenner, tweede en derde plek beslis word. Kriteria hiervoor is beskikbaar op versoek.

5.6. Wenner, tweede en derde plek word op 16 Julie tydens ‘n braai aangekondig. Alle kandidate moet daar wees om in aanmerking te kom vir die prys.

  1. Die beslissing oor die wenners is finaal en is nie onderhandelbaar nie. Die geheel van hierdie besluit is die verantwoordelikheid van ‘n paneel van kundiges wat uitgekies is tussen Solidariteit en Bo-Karoo Opleiding.
  2. Die wenners sal op al Solidariteit se openbare platforms bekend gemaak word sowel as by die sosiale geleentheid van 16 Julie.
  3. Geen pryse kan oorgedra, omgeruil of uitgeruil word nie.
  4. Die wenners stem in om hulle samewerking te gee en aan al die organisasie se openbare of mediageleenthede wat met die kompetisie verband hou, deel te neem. Hulle stem ook in dat hul besonderhede op die organisasie se webwerwe mag verskyn en dat hulle die dienste sonder enige betaling sal adverteer en bevorder.
  5. Alle kandidate stem in daartoe dat ons hulle inligting mag gebruik om hulle op ‘n WhatsApp groep te laai ter wille van kommunikasie rakende reëlings vir die kompetisie.
  6. Alle inskrywings word die eiendom van Solidariteit en sal in ’n databasis opgeneem word, maar die inligting sal vertroulik hanteer word en slegs vir Solidariteit se gebruik wees.
  7. Deelname aan hierdie kompetisie veronderstel toestemming om deur Solidariteit gekontak te word.
  8. Alle deelnemers vrywaar die Solidariteit Beweging, sowel as die borge en agentskappe wat by hierdie promosie betrokke is, van enige skade en/of koste voortspruitend uit eise wat die deelnemer mag hê of opdoen deur deelname aan die kompetisie en/of die benutting van die prys.
  9. Solidariteit en sy vennote is nie aanspreeklik vir enige tegniese fout wat daartoe kan lei dat ʼn inskrywing nie suksesvol ingedien word nie. Solidariteit aanvaar geen verantwoordelikheid vir inskrywings wat onafgelewer is, verlore raak of vertraag word nie. Bewys van stuur is nie bewys van ontvangs nie. ʼn Inskrywer/nominant moet self ontvangs van sy/haar inskrywing bevestig