Skryf jou eie suksesverhaal – begin by die Student tot Meester-netwerkgeleentheid
Jy’s amper klaar met jou studies … en die wêreld van werk is net om die draai. Moenie stres nie – by die Student tot Meester-netwerkgeleentheid kry jy die kans om professionele mense te leer ken wat reeds die pad geloop het.
Hier sal jy entrepreneurs, mentors en sakeleiers ontmoet wat regtig weet waarvan hulle praat – en hulle is daar om jou vrae te beantwoord, advies te gee en jou te help om jou eerste stap in die regte rigting te gee.
Of jy nou reeds ʼn plan het of nog glad nie weet wat jy volgende wil doen nie – hierdie is die plek om inspirasie, insig en waardevolle nuwe kontakte te kry.
Kom gesels, leer en bou aan jou netwerk – want jou toekoms begin hier.
Besonderhede oor die geleentheid:
DATUM:
16 September 2025
TYD:
17:30 vir 18:00
PLEK:
Loft at Nine, Umgaziweg 9, Menlo Park, Pretoria
DRAG:
Semi-formeel
RSVP:
Voor of op 1 September 2025
Bespreek jou plek hier deur die volgende vorm in te vul:
Die vorm is tans gesluit.