KODE VIR ETIESE GEDRAG EN BEPALINGS VAN DEELNAME AAN DIE SOLIDARITEIT-WEBINAAR
Alle deelnemers van hierdie program is verantwoordelik om aan die etiese riglyne en praktykomvang, soos bepaal deur hul professionele registrasieliggame (bv. HPCSA/SACSSP) en toepaslike wetgewing, te voldoen.
- Geen identifiseerbare inligting van enige persoon of organisasie mag tydens sessies gedeel word nie.
- Vertroulikheid, ingeligte toestemming en respek vir kliënte se regte sal ten alle tye gehandhaaf word.
- Alle inligting wat tydens sessies gedeel word, sal deur Solidariteit met die hoogste vlak van vertroulikheid hanteer word.
- Let asseblief daarop dat Solidariteit slegs voorstelle en advies bied op grond van die inligting wat aan hulle verskaf is. Solidariteit kan dus nie aanspreeklik gehou word vir enige professionele advies wat gegrond is op onvolledige of verkeerde inligting wat deur die deelnemer verskaf is nie.
- Die professionele persoon bly ten volle verantwoordelik vir hul eie besluitneming en interaksie met kliënte. Voorstelle en advies van Solidariteit is nie bindend nie en moet slegs opgevolg word indien die deelnemer self daarmee saamstem.
- Deur deel te neem, vrywaar ek hiermee Solidariteit van enige eise weens verlies of skade aan my of my eiendom, sowel as enige regsaksie wat uit dienslewering mag voortspruit. Ek verstaan dat Solidariteit nie aanspreeklik gehou kan word vir die interpretasie of toepassing van advies wat tydens hierdie diens gelewer word nie.