Nomineer ʼn uitblinker in die onderwys!

📚 Boeke vlieg deur die lug. 🎾 Balle rol oraloor. 🗑️ Die asblik is oorvol.
Én, kinders klouter by die venster uit! Dis ʼn wêreld sonder onderwysers…

Ken jy een van daardie onderwysers wat:

die kuns bemeester het om met één kyk ʼn gillende klas te bedaar?

ʼn sak vol stempels, storieboeke en selfbeheersing het?

hul koffie koud drink, maar met die wêreld se geduld aan toekomsdrome bou?

Dan het jy ’n wenner beet!

Of hulle nou stories in verskillende stemme vir ʼn kleuterskoolklas voorlees,
speltoetse vir laerskoolleerders uitdink, of tieners deur algebra én die lewe
probeer lei – ons wil hulle vier!

💡 Nomineer jou gunstelingonderwyser hier:

OVJ 2025

Onder 18

Ons sien jy is onder die ouderdom van 18. ʼn Ouer gaan toestemming vir hierdie nominasie moet gee.

Ek nomineer vir:
Checkboxes *
Checkboxes *