Was jy al ooit bekommerd dat jou kind dalk aanlyn geboelie word – of dalk self ander kinders boelie?
In ʼn wêreld waar kinders elke dag met digitale druk en groepsdruk gekonfronteer word, is dit belangriker as ooit dat ouers die tekens van aanlyn boeliegedrag kan raaksien en weet hoe om daarop te reageer.
In die volgende gratis webinaar van Solidariteit se Skoliere-aanbod sal jy leer hoe om jou kind te ondersteun, hul emosionele welstand te beskerm en hulle toe te rus meer selfversekerd en veiliger deur hul aanlyn wêreld te navigeer.
Sluit aan by Solidariteit se #BoelieBewus-webinaar waar dr. Serahni Symington, geregistreerde berader en dosent in sielkunde, praktiese insigte deel oor:

hoe aanlyn boeliegedrag lyk en hoe dit van tradisionele boeliegedrag verskil;

hoe om jou kind emosioneel en strategies te ondersteun as hulle geboelie word; en

hoe om gesonde gesinsgesprekke oor aanlyn gedrag en digitale veiligheid te begin.
Bespreek jou sitplek hier:
Oeps! Hierdie blad is nou gesluit!
Besoek gerus www.solidariteit.co.za vir meer inligting oor die #BoelieBewus-webinaar.
*Stuur gerus enige navrae na skolier@solidariteit.co.za
Spreker: Dr. Serahni Symington
Dr. Serahni Symington het haar PhD in Sielkunde in 2014 verwerf en is tans ʼn dosent en praktikumkoördineerder by die Cornerstone Institute, waar sy sedert 2015 werk. Sy het ook ʼn privaat praktyk in Durbanville, waar sy as ʼn geregistreerde berader praktiseer. Haar vorige onderrigposisie was by Northlink College vanaf 2014 tot 2015. Dr. Symington het haar BPsych in 2006 en haar MDiac in Spelterapie in 2010 voltooi.