Hoe om ʼn “nee” in ʼn “ja” te verander

Elke “nee” is nie die einde van die gesprek nie, maar eerder jou voet in die pad van ʼn toe deur!  

Op 17 November 2025 om 13:00 gaan G.P. van Rheede van Oudtshoorn, ʼn gesoute verkoopsafrigter en kommunikasiespesialis, ons wys hoe om kliëntbesware met selfvertroue, empatie en insig te hanteer.

In hierdie #VlymskerpVerkope-sessie leer jy:

Met G.P. se jarelange ervaring in verkope, kliënteverhoudings en leierskapsontwikkeling help hy professionele mense om hul kommunikasievaardighede te slyp en elke interaksie doelgerig aan te pak.

Nou wys hy jou hoe om elke “nee” in ʼn “ja”-kans te verander.

G.P. van Rheede van Oudtshoorn

G.P. van Rheede van Oudtshoorn is ʼn verkoopsafrigter en kommunikasiespesialis met dekades se ervaring in verkoopsontwikkeling, kliëntebetrokkenheid en spanprestasie. As die stigter van Coppertop Consulting fokus hy daarop om mense te help groei deur betekenisvolle gesprekke, strategiese denke en praktiese vaardigheidsontwikkeling.

Hy glo dat elke “nee” bloot ʼn uitnodiging is tot beter begrip en dat ware impak by empatie en duidelike kommunikasie begin.

Bespreek nou jou plek en verkoop met vlymskerp selfvertroue!

VlymskerpVerkope-sessie 5
Checkboxes