Solidariteit se nuwe dokumentêr bring van die mees gesaghebbende stemme saam om die storie van rassewette in Suid-Afrika te vertel.
Sprekers, soos Heinrich Wyngaard, Gabriel Crouse en Moeletsi Mbeki, deel hul kennis, ervaring en persoonlike verhale en help ons om die volle prentjie te verstaan van hoe rassewette ons samelewing beïnvloed.
Die dokumentêr lig duidelik die geskiedenis en agtergrond van die rassewette en kwotas uit, en wys hoe hierdie beleide steeds ʼn negatiewe impak op ons ekonomie en menswaardigheid het.
Solidariteit nooi jou uit om saam met ons die bekendstelling van hierdie baanbrekersdokumentêr by te woon.
Kom beleef eerstehands hoe ons deur middel van feite, stories en getuienisse agter die kap van die rasbyl gaan kom.
Besonderhede oor die geleentheid:
DATUM:
10 November 2025
TYD:
09:30 vir 10:00
PLEK:
Menlyn Park-winkelsentrum, h.v. Atterburyweg en Loislaan, Menlyn, Pretoria
Aanbevole parkering by rooi parkering, ingang 6
RSVP:
Teen 5 November 2025