Indiensnemingsgelykheid word telkens deur panele as verskoning gebruik om ras bo meriete te stel wanneer aanstellings en bevorderings in die SAPD gemaak word.

Die gevolge hiervan strek egter verder as bloot onbillike bevorderingsprosesse. Wanneer hierdie sake voor die KVBA dien en bevind word dat die SAPD skuldig is aan onbillike arbeidspraktyke, moet die SAPD die benadeelde werknemer vergoed. Dié vergoeding word uiteindelik uit die belastingbetaler se sak betaal, terwyl die lede van die bevorderingspanele wat vir die onbillike besluite verantwoordelik is, nie persoonlik aanspreeklik gehou word nie.

Die belastingbetaler betaal dus die prys vir besluite waarin ras bo meriete gestel word, sonder dat die besluitnemers self die finansiële gevolge daarvan dra.

Gee jou mandaat en sê saam met Solidariteit NEE vir ʼn stelsel waarin belastingbetalers telkens die prys vir dikwels korrupte besluite moet betaal. Dit is tyd dat rasgebaseerde wette en beleide tot ʼn einde kom.

SAPD 2026
Checkboxes