Steun ons geveg en stop die NGV!

Genasionaliseerde gesondheidsorg vir Suid-Afrika is nie werkbaar nie en sal groot skade aan die mediese sektor aanrig.

Die Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) hou nie net ʼn ernstige bedreiging vir die gehalte van gesondheidsorg en die vryheid van keuse vir Suid-Afrikaners in nie, maar dit is ook onbekostigbaar, onimplementeerbaar en onuitvoerbaar.

Om die implementering van die NGV te stop, is dit van kardinale belang dat elkeen wat deel van die mediese gemeenskap vorm, asook ondernemings wat waarde aan ʼn mediese stelsel op grond van keuse en gehalte heg, saamstaan in hierdie geveg.

Solidariteit is reg om die NGV tot in die hoogste hof te beveg, maar ons het jóú hulp nodig. Hofaksies om die NGV te stop gaan ongeveer R2,5 miljoen beloop!

Jou bydrae sal ons in staat stel om ons regstryd met die nodige vasberadenheid en vakkundigheid aan te pak, met die doel om die regte van individue te beskerm en ʼn gesondheidsorgstelsel te behou wat ons mense verdien.

Help ons om jou te help!

Solidariteit pak NGV-hofstryd voluit aan!

Solidariteit glo daar kan by niemand meer enige twyfel bestaan oor die onvermoë van die Suid-Afrikaanse regering om ʼn openbare gesondheidsorgstelsel, wat selfs groter is as die huidige een, te bestuur nie. Staatshospitale stort immers in duie! Mediese personeel veg in haglike omstandighede om lewens te probeer red en hulle stoei met ernstige personeeltekorte – want al meer dokters verloor vertroue in die openbare stelsel.

Solidariteit weet wel dit is noodsaaklik om openbare hospitale in ʼn werkende toestand te kry en om die private gesondheidstelsel meer bekostigbaar te maak. Ongeag die keuse van gesondheidsorgstelsel, weet ons egter die NGV is nié die oplossing nie.

Solidariteit glo ons saak teen ʼn ongrondwetlike, onwerkbare en onbekostigbare NGV-stelsel is waterdig.

Hofaksies om die NGV te stop, gaan ongeveer R2,5 miljoen beloop. Jou bydrae sal Solidariteit in staat stel om ons regstryd so ver te voer as wat nodig gaan wees.

Elke R100 tel.

R660,620 Ontvang

Teiken: R2,500,000

Teiken: R2,500,000

Skenk jou donasie

"*" indicates required fields

*Solidariteit sal binnekort sy alternatiewe plan vir die NGV uitreik. In dié plan word ʼn opgradering van die huidige stelsel en ʼn volkome herroeping van die NGV-wet voorgestel.