Solidariteit se Ambagnetwerk gee uitstekende opleidingsgeleenthede gratis weg in ʼn gelukkige trekking! Gryp hierdie unieke geleentheid aan om jou vaardighede uit te brei en jou loopbaan te bevorder!
Bedradingslisensie
Hierdie opleiding is slegs vir elektrisiëns beskikbaar. Jy kan nou jou kwalifikasie vir ʼn bedradingslisensie op jou eie tyd aanlyn bekom. Die lisensie om as ʼn geregistreerde persoon te praktiseer, word ingevolge die Elektriese Regulasie, 2009, Kennisgewing R.242 van 6 Maart 2009 uitgereik.
Toelatingsvereistes:
ʼn volledige N3-sertifikaat met Ingenieurswiskunde.
Minstens een jaar se praktiese ervaring ná die suksesvolle voltooiing van jou elektriese vaktoets wat deur jou huidige werkgewer onderskryf word.
N1- tot N6-ingenieurstudies vir ambagte
N1- tot N6-ingenieurstudies is daarop gefokus om kennis binne die tegniese veld op te bou. Dié kursus bestaan uit teorie en kan in die gemak van jou eie huis en op jou eie tyd voltooi word. Eksamens moet egter deur die student by hul naaste eksamensentrum (landwyd) voltooi word.
Gasmetaalboogsweis en metaalboogsweis
Indien jy jou vaardighede as sweiser wil verbeter en jou tegniese benadering wil verskerp, is hierdie kursus vir jou. Hierdie kursus bestaan uit een week se e-leerkursusse sowel as agt dae se praktiese werk wat by die Sol-Tech-kampus in Monumentpark, Pretoria, gedoen word.
CNC-programmering
Hierdie kursus word in samewerking met Ikusasa, ʼn merSETA-geakkrediteerde instelling, aangebied. Die kursus bied intrede tot G-kode, basiese tot gevorderde CNC-frees- en/of -draaiwerk, sowel as EDGECAM aan. Hierdie kursus duur vyf dae lank met praktiese sessies wat oor naweke plaasvind.