Solidariteit se Ambagnetwerk in samewerking met Ikusasa, Technicol SA en TDMI Training bied nou vir ambagslui die geleentheid om voortgesette opleiding te ontvang soos ingenieurstudies (N-kursusse) in vele vakrigtings, CNC-programmering (“computerised numerical control programming”) vir meganiese ambagslui en bedradingslisensies vir elektrisiëns. Klik op die onderstaande vakrigtings vir meer inligting.
Konvensionele masjinering sal altyd relevant bly, maar tegnologie beweeg al hoe meer in die rigting van CNC-masjinering. Solidariteit se Ambagnetwerk in samewerking met Ikusasa bied sewe kursusse aan, vanaf ʼn inleidende kursus in G-kodedraaiwerk tot gevorderde programmering in draai- en freeswerk. Opleiding vir CAD/CAM-ontwerpers (“EdgeCam designers”) vorm ook deel van die meganiese aanbod. Solidariteit se Ambagnetwerk-lede ontvang tussen 10%- en 15%-afslag op al hierdie kursusse.
Die teorie vir die CNC-opleiding kan aanlyn voltooi word met praktiese uitpassering in Johannesburg. Hierdie opleiding word per rooster aangebied. E-pos ambag@solidariteit.co.za vir meer inligting.
Die opleiding vir die N-kursus kan aanlyn en in die gemak van jou eie huis voltooi word, en met 20 eksamensentrums landwyd waar jy jou eksamen kan aflê, is die kwalifikasie verseker binne jou bereik. Maak seker jy skryf vandag nog in vir die eerste blok wat op 1 Junie 2023 begin.
Ons bied N-kursusse in:
Elektriese ingenieurswese
Elektroniese ingenieurswese: Instrumentasie en kommunikasie
Motor en diesel
Meganiese ingenieurswese (N1-N3): Pas-en-draai
Ketelmaker/sweiser
Meulmaker
Meganiese ingenieurswese (N4-N6)
Siviele ingenieurswese
Elektrisiëns kan in hulle beroepe funksioneer sonder om oor ʼn bedradingslisensie te beskik. Wetgewing bepaal egter dat alle nuwe elektriese installasies en/of veranderinge daaraan aan gespesifiseerde veiligheidstandaarde moet voldoen. Hiervoor moet ʼn sertifikaat van voldoening (ʼn COC-sertifikaat) uitgereik word deur ʼn persoon wat oor ʼn bedradingslisensie beskik.
Solidariteit se Ambagnetwerk in samewerking met TDMI bied hierdie kursus aan deur middel van aanlyn teorie en ʼn praktiese uitpassering in Pretoria, George en Windhoek teen 10%-afslag as jy ʼn lid is.
Die teorie vir die bedradingslisensie word aanlyn voltooi met ʼn praktiese uitpassering in Pretoria, George of Windhoek. Hierdie opleiding word per rooster aangebied. E-pos ambag@solidariteit.co.za vir meer inligting.
Ons bied N-kursusse in:
Elektriese ingenieurswese
Elektroniese ingenieurswese: Instrumentasie en kommunikasie
Motor en diesel
Meganiese ingenieurswese (N1-N3): Pas-en-draai
Ketelmaker/sweiser
Meulmaker
Meganiese ingenieurswese (N4-N6)
Siviele ingenieurswese