Nomineer die apteek wat in diens is van sy gemeenskap.

ʼn Gemeenskapsapteek is voorwaar ʼn steunpilaar! Dit is die plek waar klante op hulle name geken word, met ope arms verwelkom word en enige tyd kan aanklop om hulp en raad. Hulle is bekend vir hul vriendelike en behulpsame personeel wat uit hulle pad sal gaan om jou by te staan met ʼn uitslag op jou vel tot selfs griep.

Is jou apteek ʼn gesinsapteek – een wat diep in die gemeenskap gewortel is? Nomineer hierdie apteek dan vandag nog vir die #ApteekVanDieJaar-toekenning en gee aan hulle die erkenning wat hulle toekom.

Wie kan genomineer word?

Enige gemeenskapsapteek wat ʼn kliëntgefokusde benadering het en die ekstra myl vir sy klante loop deur middel van:

  • goeie, vriendelike en behulpsame diens;
  • spesiale dienste – iets wat die apteek spesiaal maak en bo die res laat uitstaan soos byvoorbeeld vooraf verpakking van medikasie vir bejaardes in tehuise; en
  • ʼn wye reeks dienste soos byvoorbeeld verskillende gesondheidstoetse of kliniekdienste.
Apteek van die jaar

Jou inligting

Ek nomineer

Beantwoord asseblief die volgende vrae oor jou gunstelingapteek:
Checkboxes