Bemagtig jouself en raak onmisbaar in jou beroep.
Ons bied jou die geleentheid om jou kwalifikasie vir ʼn bedradingslisensie op jou eie tyd, aanlyn en in die gemak van jou eie huis te voltooi. Dié kursus word deur ʼn geakkrediteerde opleidingsinstelling aan jou gebied, en dit rus jou toe met ʼn lisensie om as ʼn geregistreerde elektrisiën te praktiseer.
Die lisensie om as ʼn geregistreerde elektrisiën te praktiseer, word ingevolge die Elektriese Regulasie, 2009, Kennisgewing R.242 van 6 Maart 2009 uitgereik.
Toelatingsvereistes:
- ’n Volledige N3-sertifikaat met Ingenieurswiskunde.
- Ingenieurswetenskap en voorgeskrewe vakke vir elektrisiëns.
- Minstens een jaar se praktiese ervaring wat deur jou huidige werkgewer onderskryf word.