Die storie is een van saamstaan en van handevat in die aangesig van uitermatige regeringsteenstand, en van opstand teen die onregverdige beleid wat ’n meerderheidsregering op ’n minderheidsgemeenskap wil afdwing!

Hierdie boek skryf ’n kort maar fassinerende deel van Suid-Afrika se geskiedenis op. Bela het ’n simbool geword van ’n tydperk waarin die land homself moes vind ná die 2024-verkiesing. Die politieke ordes is vir altyd verander en Bela het homself daarbinne bevind.

Gesprekke agter toe deure, WhatsApp-boodskappe aan president Ramaphosa en Helen Zille asook onderhandelings met die presidensie en die RNE – dit alles en soveel meer word in Sielstryd, dr. Dirk Hermann se nuutste boek, saamgevat. Lees byvoorbeeld meer oor die Pansat- en RNE-proses en ook hoekom ons bloed oranje sal bly.

0:00 / 0:00
Dr. Dirk Herman - Boekvoorlesing