Die nuwe Bela-riglyne is gepubliseer en jy wonder dalk wat dit vir jou skool beteken.

Moenie toelaat dat ʼn staatsamptenaar jou intimideer nie!

Solidariteit stel ʼn praktiese handleiding vir jou beskikbaar wat elke ouer, onderwyser en hoof kan gebruik om hul skool se taal- en toelatingsbeleid stap vir stap volgens die wet te kan implementeer.

Moenie dat jou skool deur die Bela-wet geboelie word nie! Moenie toelaat dat staatsamptenare, wat artikel 4 en 5 van die Bela-wet voortydig op jou skool wil afdwing, jou intimideer nie! As jy onseker is, kontak Solidariteit!

Solidariteit se skikking met die presidensie en die minister van basiese onderwys by Nedlac is nietemin bindend, ongeag wat radikale stemme uit die ANC daaroor mag sê.

Hier is wat jy van die skikking moet weet:

  1. Afrikaanse skole wat vol is, mag nie gedwing word om hul taalbeleid te verander nie.
  2. Die taalbehoeftes van omliggende gemeenskappe moet eerder in ag geneem word as dié van die onderwysdistrik.
  3. Amptenare wat artikels 4 en 5 probeer implementeer voordat die regulasies voltooi is, sal onregmatig optree.
  4. Die wet is gepromulgeer, maar die implementering daarvan word aan die minister oorgelaat.
  5. Die Solidariteit Beweging behou die reg voor om die proklamasie van die wet in die hof te betwis.
  6. Sekere elemente van die Bela-wet sal ook grondwetlik getoets word.
  7. Die Solidariteit Beweging sal verseker dat hul Nedlac-ooreenkoms met die minister in norme en standaarde omskep word om sodoende Afrikaanse skole te beskerm.

Nuutste releavante artikels:

Dit is wat skole moet weet oor Bela in 2025

Boodskap van Solidariteit Onderwysernetwerk oor Bela voor die skooljaar begin

Solidariteit staan gereed vir Bela-boelies uit die ANC of EFF

Ken jou skool se regte.

Voltooi die onderstaande vorm en ontvang ʼn direkte skakel na die gratis Bela-gids.

Bela-klagteblad
Ek is of 'n ouer of 'n Onderwyser

*Jou data word vir navorsingsdoeleindes gebruik

Bepalings en voorwaardes