Wil jy finansieel onafhanklik wees? Dan moet jy weet hoe om jou belasting reg aan te pak!

Solidariteit se praktiese en bemagtigende #Belastingwebinaar gaan jou wys hoe om jou eie belasting te doen – én dit goed te doen! Of jy pas begin werk het of al ’n paar IRP5’e agter die rug het, hierdie sessie is vir jou!

Belasting is ’n realiteit, maar dit hoef nie vreesaanjaend te wees nie.
Ons gesoute aanbieder Nikki Kennedy wys jou:

Hierdie sessie is jou volgende stap na finansiële selfstandigheid – met belasting as jou beginpunt. Kom leer hoe om jou belasting te verstaan, slim besluite te neem en beheer oor jou geld én jou toekoms te kry! 

Datum: 5 Augustus 2025
Tyd: 18:00
Plek: Aanlyn!

Belasting webinaar 2025
Checkboxes

Spreker: Nikki Kennedy

Nikki Kennedy is die programkoördineerder vir die Nagraadse Diploma in Belasting en ʼn dosent in Bestuursrekeningkunde en Belasting by Akademia. Sy het ʼn BCom-graad in Rekeningkundige Wetenskappe aan die Universiteit van Pretoria studeer, asook ʼn honneursgraad in hierdie dissipline aan die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa), verwerf. Sy verwerf ook haar meestersgraad in Belasting aan die Universiteit van Pretoria. Sy praktiseer en het lidmaatskap by CIMA, SAIPA en SAIT. 

eFiling, jou vennoot vir gerieflike, vinnige en moeitelose indiening van belastingopgawes!

As jy ʼn besige jong werkende is, is die SAID se eFiling-diens die ideale diens vir jou! Dit is ʼn aanlyn stelsel wat jou in staat stel om jou opgawes 24 uur per dag, 7 dae per week veilig en baie maklik in te dien. Dit bespaar jou tyd en die irritasie van ʼn magdom papierwerk en lang toue.  

Belastingopgawes moet vanjaar vanaf 21 Julie tot 20 Oktober 2025 ingedien word. Danksy Solidariteit se Jongwerkende-lidmaatskap kan dit ʼn vinnige en moeitelose proses wees. 

Hoe om vir eFiling te registreer: