Die ANC skep nie werk nie; hy stroop dit! Ons is g’n slawe van die regering nie, ons is burgers van die land. Die nasionale fonds vir maatskaplike sekerheid (NFMS) is teruggetrek, maar nie geskrap nie. Massalitigasie namens belastingbetalers is nodig. As die regering nie wil hoor nie, dan moet hulle dit hier hard en duidelik voel. Gegewe die regering se rekord van voortslepende korrupsie sal hulle deur sentrale fondse, soos die Nasionale Gesondheidsversekering, hulleself verder verryk terwyl burgers, soos jy, verarm.  Kom ons druk terug. Belastingkrag is sterker as regeringsmag en die president móét dit hoor.

Is jy keelvol? Stuur nóú jou #BelastingProtes-verklaring aan president Ramaphosa.

Hiermee verklaar jy dat:

  1. Jy nie langer sal toekyk hoe ’n korrupte regering jou van jou
    swaarverdiende inkomste beroof nie.
  2. Jy verklaar dat jy ’n Suid-Afrikaanse burger is en nie die staat
    se belastingslaaf nie.
  3. Jy steun internasionale veldtogte wat druk op die regering plaas.
  4. Jy steun litigasie teen irrasionele wette wat jou belastinglas
    onbekostigbaar maak.
  5. Jy onderneem om op ’n wettige wyse jou belasting te beplan.
#BelastingProtes
Checkboxes *