FUNKSIE-UITNODIGING: VERKOPE

Dit is uitdagend om op die voorpunt van dinge te bly in die
bemarking- en verkoopsektor. Hierdie sektore verander op ʼn weeklikse
basis en tegnieke wat ʼn maand gelede gewerk het gaan nie
noodwendig môre meer van toepassing wees nie.
Solidariteit wil jou help om nie net op die voorpunt te bly nie,
maar uit te staan in jou beroep.

Solidariteit nooi jou uit na ʼn netwerkgeleentheid waar jy jou
netwerk kan versterk, mede-verkoopspersone kan ontmoet en
ons adviesraad beter kan leer ken.

Jy kan uitsien om na die volgende
sprekers te luister:

Tema:
Verkope in uitdagende omstandighede

Tema:
Hoe om ʼn nee in ʼn ja te verander

Tema:
Verkope in uitdagende omstandighede

Tema:
Hoe om ʼn nee in ʼn ja te verander

Ds. Liesel Krause Wiid

Liesel Krause-Wiid is ʼn Predikant wat bevestig is by NGK-Kameeldrif.
Sy het ʼn deeltydse pos by die gemeente en is verder betrokke by hul familiebesigheid, die Willa Krause Group. Dié groep bestaan uit Willa Krause Velsorg, DC Laboratorium en SCW Consulting. Liesel is die bemarkingsdirekteur van hulle onderneming. Liesel het haar graad in Teologie aan die Universiteit van Pretoria verwerf, en voorts ʼn meestersgraad in Huweliks- en Gesinspastoraat voltooi. Sy was vir vier jaar lank die redakteur van die glanstydskrif vir Christen-vroue, Finesse. Sy skryf tans ’n maandelikse rubriek vir dié gewilde tydskrif.

Pierre Slabbert

Ek is ʼn kleinhandelverkoopsleier met ʼn “doeners”-reputasie wat daarop ingestel is om vindingryke besigheidstrategieë en kliëntgerigte oplossings te lewer om kliëntervaring en besigheidsmarges te verbeter.
Ek spesialiseer in die identifisering en transformasie van inkomstestrome om dit winsgewend en effektief te maak. Ek het uitgebreide ondervinding in die vestiging van winsgewende beginnerondernemings (iStore Retail Stores), en om suksesvolle en gevestigde besigheidsgroeilyne deur betekenisvolle transaksies te beding en bedrywighede te transformeer.

Bespreek jou plek hier deur die
volgende vorm in te vul:

Bemarking en Verkope
Checkboxes