Die Solidariteit Onderwysernetwerk, in samewerking met Humanitas, bied ʼn werkwinkel aan – eksklusief vir onderwysers.

Sprekers vir hierdie geleentheid:

Anschel Pieterson is ʼn geregistreerde maatskaplike werker in privaat praktyk. Sy het haar meestersgraad in spelterapie aan die Universiteit van Pretoria verwerf en wy haar loopbaan daaraan om met kinders in verskeie kontekste te werk. Sy beskik oor meer as twaalf jaar se ervaring in kinderwelsyn, met spesialisering in statutêre maatskaplike werk, skoolmaatskaplike werk, spelterapie en opleiding. Sy dien tans as die Hoof van Supervisie en Kursusontwikkeling by Humanitas Opleiding.

Armand Prinsloo is die Hoof van Korporatiewe en Kliënteverhoudinge, asook ʼn dosent by Humanitas. Hy is ʼn gespesialiseerde welstandberader en by die ASCHP geregistreer. Armand het sy honneursgraad in sielkunde, sowel as korporatiewe verhoudinge verwerf. Benewens sy aktiewe praktyk in die veld van berading, is hy ook verantwoordelik vir die opleiding van sielkundegegradueerdes in die Humanitas Beradingskursus.

“Kyk, Luister, Lei” help onderwysers om waardevolle ondersteuning binne hul professionele grense te bied, sonder om die rol van berader oor te neem. Deur eenvoudige, toepaslike tegnieke aan te leer, dra hierdie kursus direk by tot ʼn meer ondersteunende leeromgewing – vir beide die leerders én die onderwysers.

Datum:

26 November 2025

Tyd:

14:30 – 18:00

Plek:

Laerskool Hennopspark se skoolsaal

Koste:

Gratis vir Solidariteit-lede| R900 vir nie-lede

RSVP:

Teen 20 November

Middagete sal voorsien word.

Bespreek jou plek hier deur die volgende vorm in te vul:

RSVP is tans gesluit