Hoop lê nie net in self doen nie,
maar ook in saam doen.
In ʼn onstuimige wêreld word gemeenskappe wat saamstaan, sterker. Jou werk is jou inkomste – en jou inkomste is jou toekoms. Maar hierdie toekoms is onder druk as gevolg van rassewette, hoë belastingkoerse, druk op ons skole, werkloosheid en staatsverval.
Solidariteit se Beskermingsplan is gebou op die krag van
saamstaan – ’n konkrete plan wat hoop bring.
Meer as 200 000 gesinne rig hulle energie op een doel: om nie net te
oorleef nie, maar te floreer!
Die plan beskerm lede se werk, hulle kinders se toekomstige werk en
organiseer gemeenskappe om inkomste te beskerm.
Hoe word Solidariteit-lede beskerm?
Solidariteit staan op teen rassewette. Met ’n Regsfonds van R7 miljoen, klagtes by die Verenigde Nasies en internasionale druk op die regering, word jou reg op werk beskerm.
Beplanning vir eie opleidingsinstellings soos skole en meer kampusse vir tersiêre studie word drasties bespoedig om te verseker dat Solidariteit-lede toegang tot gehalte-opleiding het.
Van beleggingsgeleenthede in Kanton tot ’n arbeidsregskletsbot en internasionale werkfasilitering – ons help jou om in rande te leef, maar in dollars te verdien.
Solidariteit onderhandel ooreenkomste en plaas diplomatieke druk op die regering – van Washington tot Afrika – sodat ons mense nie die slagoffers van politieke beleid word nie.