Solidariteit, in samewerking met Akademia, nooi jou uit na ʼn professionele netwerk en opleidingsgeleentheid waar die tema “Boustene van skoolbemarking” bespreek gaan word.

Doelgerigte en strategiese skoolbemarking speel ʼn belangrike rol in die volhoubare groei en reputasie van skole. Die geleentheid is waardevol vir persone wat verantwoordelik is vir bemarking, kommunikasie en handelsmerkbestuur in die skoolomgewing.

Jy sal nie net waardevolle inhoud kry nie, maar ook die geleentheid om met kollegas in soortgelyke rolle te netwerk, ervarings te deel en professionele verhoudings te bou.

Meer besonderhede oor die geleentheid:

DATUM:
TYD:
PLEK:
RSVP:

18 Junie 2026
08:00 vir 08:30-12:00
Akademia | Leriba-kampus | Boerneef
Teen 10 Junie 2026

Bespreek jou plek deur die volgende vorm in te vul:

*Let wel: Elke persoon wat die geleentheid bywoon moet die vorm invul.

Boustene
Gaan jy die geleentheid bywoon?
Bepalings en voorwaardes