Solidariteit vergader tans met verteenwoordigers van die Trump-administrasie in die Withuis om te veg vir die belange van Afrikaners en Suid-Afrika.

Afrikaners sê dankie vir Trump, maar nou vra ons dat druk op die ANC-leiers geplaas word, sodat:

  • diskriminasie teen Afrikaners gestaak word deur die anti-Afrikaanse Bela-wet en alle rassewetgewing af te skaf;
  • daar sterk opgetree kan word teen individue wat haatspraak en geweld aanhits;
  • eiendomsreg gerespekteer word; en
  • ’n kultuurakkoord met Afrikaners gesluit kan word wat kulturele ruimte vir Afrikaners in Suid-Afrika sal skep.

Wat wil ons regkry?

Ons wil seker maak dat gewone Suid-Afrikaners nie gestraf word vir die ANC se foute nie en dat die AGOA-handelsooreenkoms steeds behoue bly;

Dat humanitêre bystand wat die VSA vir Afrikaners aanbied, ook hulp sal insluit vir Afrikaners in Suid-Afrika

Jóú stem is vir ons belangrik!

Skryf jou boodskap hier en ons stuur dit saam na die Withuis.

Word deel van ons drukgroep.

Teken nóú in en ontvang die jongste nuus vandag in jou inboks.

CERD 2025
    2015

    Die Suid-Afrikaanse regering dien sy periodieke verslag in en Solidariteit ʼn skaduverslag by CERD (Genève, Switserland), ʼn komitee van die VN wat gemoeid is met die uitskakeling van rassediskriminasie.

    2015
    2016

    Ná die indiening van ʼn amptelike klag by CERD pak Solidariteit vir die eerste keer die Suid-Afrikaanse regering op ʼn sitting van die Verenigde Nasies (VN) oor die regering se beleid van rassekwotas in die werkplek.

    2016
    2017

    ʼn Groot deurbraak is behaal in ons stryd teen die regering se rassebeleid. CERD het in ʼn verslag kritiek uitgespreek op Suid-Afrika se stelsel van rasseklassifikasie. Na aanleiding van die CERD-verslag het Solidariteit die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) gevra om wette oor swart ekonomiese bemagtiging en regstellende aksie formeel te ondersoek. In Mei 2017 dien Solidariteit sy klag by die Internasionale Arbeidsorganisasie (IAO) in oor Suid-Afrika se beleid van regstellende aksie en swart ekonomiese bemagtiging.

    2017
    2018

    ʼn Reuse-oorwinning is behaal toe die SAMRK in sy gelykheidsverslag bevind het dat die Wet op Diensbillikheid gewysig moet word omdat SA se regstellendeaksie-wetgewing onregmatig is.

    2018
    2019

    Na aanleiding van die SAMRK se aanbevelings versoek Solidariteit in die arbeidshof in Johannesburg dat sekere dele van wetgewing oor regstellende aksie ongrondwetlik verklaar word en dat die Wet op Diensbillikheid gewysig word. Die regering het egter geweier om die SAMRK se aanbevelings te implementeer.

    2019
    2021

    Solidariteit dien Suid-Afrika se rasmalheid ʼn uitklophou toe. Op 28 Julie 2021 het Solidariteit namens 300 000 mede-Suid-Afrikaners ʼn formele klag teen die regering se rassebeleid aanlyn by die Verenigde Nasies (VN) ingedien. Op 24 September 2021 het ʼn afvaardiging van Solidariteit na Genève vertrek om dié historiese klag in persoon in te dien en ons eerste gesprekke van aangesig tot aangesig met die IAO te voer.

    Die ontmoeting met ʼn afvaardiging van die IAO was van onskatbare waarde. Ons doelgerigte gesprekke het bewustheid geskep en die realiteit tuisgebring dat Suid-Afrika se beleid nie met internasionale praktyke oor rassebeleid strook nie. Suid-Afrika se rasmalheid is aan die groot klok gehang.

     

     

     

    2021
    2022

    Op 30 Maart 2022 het ons terugvoer van die IAO oor ons klag ontvang, naamlik dat Suid-Afrika se rassebeleid amptelik deur die Verenigde Nasies se arbeidsagentskap ondersoek gaan word.

    2022
    2023

    Die nuwe Wysigingswet op Gelyke Indiensneming is op 6 April 2023 deur pres. Cyril Ramaphosa onderteken. Solidariteit het geweier om dié rassewetgewing te aanvaar wat die privaat sektor sou kaap, beheer en tot niks reduseer, en beteken op 10 Mei 2023 sy hofstukke teen die wetgewing.

    Op 22 Augustus verwelkom Solidariteit die Departement van Indiensneming en Arbeid se aankondiging dat die drakoniese wysigings aan die Wet op Gelyke Indiensneming nie meer op 1 September 2023 in werking gaan tree nie.

    2023

    Op 22 Augustus verwelkom Solidariteit die Departement van Indiensneming en Arbeid se aankondiging dat die drakoniese wysigings aan die Wet op Gelyke Indiensneming nie meer op 1 September 2023 in werking gaan tree nie.

    KEN DIE WET

    Is jy ʼn werkgewer wat met rasreëls gedreig word? Hierdie hulpbronne verpak alles wat jy van rassewette moet weet. Solidariteit se voorste regskenners lei jou in dié videoreeks deur al die wetlike aspekte wat jy kan gebruik om jou besigheid te beskerm.

    Teken hier in en ontvang ʼn reeks hulpbronne in jou inboks.

    CERD 2025 hulpbronne