Solidariteit se CV- en onderhoudwebinaar:

10 Februarie 2026 om 13:00

Slaan jou CV en onderhoud vir ʼn ses! Bespreek vandag nog jou plek vir Solidariteit se CV- en onderhoudwebinaar en leer hoe om kop en skouers bo jou mededingers uit te staan.

Ons gesels oor:

– die moets en moenies van ʼn indrukwekkende CV;

– wenwenke vir ʼn suksesvolle onderhoud;

– moontlike vrae wat jy in ʼn onderhoud kan verwag; en

– wanpersepsies oor die opstel van ʼn CV.

Bespreek jou sitplek hier:

Die vorm is tans gesluit

Spreker: Mandy Thackwray

Mandy Thackwray is die bestuurder van Solidariteit se Werkfasiliteringsafdeling. Sy beskik oor meer as 20 jaar se ervaring as kommunikasiespesialis en is die afgelope vier jaar aan die stuur van Solidariteit se werksfasiliteringsaanbod, wat ten doel het om werkgewers en werknemers effektief met mekaar te verbind.

Sy is passievol daaroor om ʼn positiewe verskil in mense se lewens te maak en glo dat daar vir elkeen ʼn geskikte werkgeleentheid is – jy moet net weet hoe om jouself vir die regte pos te posisioneer. Sy is ook die samesteller en outeur van die “Jou alles in een CV-gids” en die “Onderhoudgids” op Solidariteit, wat werksoekers doelbewus bemagtig om suksesvol tot die arbeidsmark toe te tree.