CV-webinaar

Solidariteit se CV-webinaar:

11 Februarie 2025 om 12:30

Aandag, werksoeker! Bespreek vandag jou sitplek vir Solidariteit se CV-webinaar en leer by ʼn kenner van een van die voorste werwingsagentskappe hoe om ʼn wenner-CV op te stel wat jou loopbaandrome ʼn werklikheid kan maak. Ontvang eksklusiewe wenke en staan uit bo die res van die kandidate!

Bespreek jou sitplek hier:

CV-webinaar
Bepalings en voorwaardes

Spreker: Charmaine le Grange van Career Legends

Charmaine le Grange is die eienaar van en ʼn werwer by die werwingsagentskap Career Legends. Met meer as 24 jaar ervaring in die mynbou-, ingenieurs-, onderwys- en vlootbedrywe, is sy ʼn kundige wat werksoekers in die werksoekproses wil bemagtig. Sy verstaan dat die toekoms van werk oor meer handel as net CV’s – dit handel ook oor mense, passie en potensiaal. Sy verbind talent met geleenthede – plaaslik én internasionaal – deur oplossings te bied wat relevant en aanpasbaar is in ʼn vinnig veranderende wêreld.

Met ʼn mensgefokusde benadering en ʼn moderne strategie, verseker haar agentskap dat elke kandidaat en kliënt nie net hul doelwitte bereik nie, maar dit oortref.