Kom geniet ʼn oggend van netwerk en geselligheid by ons Eiendomsagent-ontbyt en leer hoe jy aan wetgewing kan voldoen wat jou as eiendomsagent beskerm sowel as jou kliënte.
Verskeie onderwerpe gaan bespreek word, soos FICA, FIC en POPIA, asook hoe om aan die vereistes te voldoen om jou belange te beskerm. Daar sal ook aandag geskenk word aan eiendomsverslae, om te verseker dat jy die belangrikste vereistes en jou verpligtinge as eiendomsagent verstaan.
Besonderhede oor die geleentheid:
DATUM: 18 November 2026 TYD: 07:30 – 11:00 PLEK: Solidariteit Hoofkantoor, Spekboom-lokaal, h.v. D.F. Malanlaan en Eendrachtstraat, Kloofsig, Centurion RSVP: Voor of op 13 November 2026 KOSTE: Gratis
Bespreek jou plek hier deur die volgende vorm in te vul: