Eskom dreig om jou te beboet as jy self krag opwek; intussen skiet elektrisiteitstariewe die hoogte in.

Eskom dreig om jou te beboet as jy self krag opwek; intussen skiet elektrisiteitstariewe die hoogte in. Boonop wys ʼn onlangse verslag dat jy minstens 27% DUURDER vir krag betaal weens Eskom se rasbehepte besluite. Dit tyd het aangebreek vir ʼn kragrevolusie. Ons gaan nie net ʼn streep trek en terugbaklei nie; ons gaan ook ons toekoms in eie hande neem – nie net vir ons nie, maar ook vir ons nageslag.

#OnsSalSelf
krag opwek

Eskom kan nie meer alleen vir ons krag voorsien nie. #OnsSalSelf verantwoordelikheid moet neem as die staat ons in die steek laat.

Die grootste daad van protes is om van die Eskom-kragnetwerk af te klim en jou eie ding te doen. Nuwe tegnologie en duurder Eskom-krag maak dit nou meer as ooit tevore moontlik om self krag op te wek.

Dak vir dak sal ons ʼn privaat kragstasie bou.

Sakeliga se KragDag-ekspo fokus vanjaar op alternatiewe kragopwekking. Dit is nou nodig dat indiwidue, gesinne en gemeenskappe self verantwoordelikheid vir oplossings neem. Lees meer oor KragDag asook die uitstallers by vanjaar se ekspo

AfriForum het ʼn gids uitgereik en gee riglyne vir verbruikers oor die installering van sonkragtegnologie

Rasmalheid

Suid-Afrika word al vir meer as ʼn dekade lank deur aanhoudende elektrisiteitstekorte en hoë elektrisiteitskostes geteister. Hoewel die toekoms onseker lyk en Suid-Afrika steeds donkerte in die gesig staar het die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI) ʼn verslag oor die effek van swart ekonomiese bemagtiging (SEB) in Eskom bekendgemaak.

Dié verslag bevind dat jy elke dag, weens die regering se obsessie met ras, minstens 27% duurder vir jou elektrisiteit betaal.

Met elke rasgedrewe besluit wat Eskom neem, betaal jy meer vir minder elektrisiteit.

Die regering se beheptheid om transformasie bo kundigheid te kies, sal die land se ekonomie in duie laat stort. Ons sal nie fase 8-beurtkrag aanvaar weens Eskom se obsessie met ras en transformasie nie.

Ons sal teen rasmalheid in Eskom veg.

Eskom-kennisbank

Solidariteit het vandag sy lys van vaardige kragkenners aan die minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan, en André de Ruyter, bestuurshoof van Eskom, gestuur. Dit volg nadat minister Gordhan onlangs vir Solidariteit versoek het om só ʼn lys op te stel ten einde die krisis by Eskom aan te pak.

Volgens Solidariteit beskik die ongeveer 300 kenners op sy kortlys oor sowat 5 500 jaar se gesamentlike ervaring in die bedryf, en hulle beskik ook oor meer as 400 geakkrediteerde kwalifikasies waarvan 14 doktorsgrade in ingenieurswese en verwante velde is.

Sonkrag boetes

Solidariteit het Eskom se onlangse aansoek by die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (Nersa) as absurd, irrasioneel en onwettig bestempel. Dit volg nadat Eskom in ʼn  aansoek onder meer gevra het dat ʼn tarief van R938 per maand op verbruikers gehef word wat self krag opwek.

Solidariteit het sy regstrategie in plek vir wanneer Eskom probeer voortgaan om mense of ondernemings wat op kleinskaal krag opwek, te beboet.

Petisie

Solidariteit het ʼn petisie na die parlement gestuur oor die kragopwekkingskrisis wat tans in Suid-Afrika heers. Dit volg nadat Solidariteit onlangs ʼn verslag bekendgemaak het wat grootskaalse privaat kragopwekking as oplossing vir beurtkrag voorstel.  Solidariteit eis onder meer in sy petisie dat alle regulatoriese of wetgewingshindernisse vir onbeperkte privaat kragopwekking dringend uit die weg geruim word.

SOLIDARITEIT SE PETISIE EIS DAT DIE REGERING DRINGEND DIE VOLGENDE STAPPE DOEN:

Desentraliseer opwekking so vinnig as moontlik;

laat vaar die boubeperkings wat vir onafhanklike verskaffers van hernubare energie geld en skrap die onafhanklike kragprodusente-verkrygingsprogram vir risikoversagting (RMIPPPP) in die geheel. Skrap ook alle onnodige regulasies wat beleggers uit hierdie mark hou (SEB-vereistes, verkrygingsvereistes, ens.);

verhoog opleiding in hernubare energie en in batterybergingstegnologie; en

implementeer ʼn ruim toevoertariefskema om onmiddellike voorsieningskwessies te takel.

President Ramaphosa het Suid-Afrika toegespreek en genoem dat Suid-Afrika ʼn tweeledige strategie moet implementeer om die kragkrisis wat die land reeds vir langer as ʼn dekade lamlê, die hoof te bied. Dié tweeledige plan sluit in om die vermoë te skep om die huidige tekort aan elektrisiteit die hoof te bied en beurtkrag onmiddellik te beperk. Dit sluit ook in om dringend broodnodige kapasiteit vir die langtermyn te skep om sodoende beurtkrag in die Suid-Afrikaanse geskiedenisboeke in te skryf.

Connie Mulder, hoof van die Solidariteit Navorsingsinstituut voer aan dat Solidariteit se fokus nou sal verskuif om die implementering van hierdie regulasies wat aangekondig is, noukeurig te monitor.

Eskom-
kennisbank

Sonkrag
boetes

Hoe kan jy help om die kragkrisis op te los?

Suid-Afrika benodig SONPANELE op die dakke van elke winkelsentrum, parkeerterrein, skoolgebou, universiteit en fabriek wat krag in die netwerk instoot, en so vinnig as moontlik. Elke enkele persoon of organisasie wat moontlik krag kan opwek en dit in die kragnetwerk instoot, moet dit so gou as moontlik doen deur dadelik vir ʼn permit by Nersa aansoek te doen. As jy hulp met jou aansoek nodig het, klik hier.

Help Eskom STABILISEER. Voeg jou naam by Solidariteit se kennisbank as jy ʼn relevante tegniese vaardigheid het. Klik hier om jou naam by te voeg

Sluit nou by Solidariteit se REGSFONDS aan om te verseker dat Solidariteit vir Eskom voor die howe kan daag as hulle nie van hul rasbehepte regulasies wil afsien nie, of indien hulle kies om voort te gaan met boetes op privaat kragopwekkers.