Ek is ʼn Eskom-rebel en is reg vir ʼn kragrewolusie!

Jy betaal ten minste 27% meer vir minder krag net sodat Eskom sy swart ekonomiese bemagtiging (SEB) kan befonds en ʼn klein elitegroepie se sakke bult danksy die geld wat hulle uit korrupte transaksies maak!

As Eskom dié onnodige koste geskrap het, was ʼn prysverhoging nie nodig nie! Inteendeel, Eskom sal ʼn wins maak as dit nie vir sy SEB-onkoste was nie.

Is jy keelvol dat jou swaarverdiende geld gebruik word om kaders onder die dekmantel van SEB te verryk? Word deel van ʼn kragrewolusie, onderteken ons verklaring.

Met die verklaring eis ek:

Dat Eskom dadelik vra vir vrystelling van swart bemagtiging;

Dat, indien Eskom nie binne 30 dae so ʼn aansoek bring nie, Solidariteit namens my hof toe gaan om SEB by Eskom te stop; en

Dat swart bemagtiging by Eskom nou stop, want ek sál nie langer meer vir minder krag betaal nie.

Eskom Rebel