Verstaan jou syfers.
Bestuur jou onderneming beter.

Jou finansiële state is meer as net syfers op papier – dit wys jou onderneming se sterkpunte, waar die risiko’s lê en waar beter besluite nodig is.

Sluit aan by Solidariteit se praktiese webinaar en leer hoe om finansiële inligting met meer selfvertroue te interpreteer, kontantvloei beter te verstaan en belangrike waarskuwingstekens betyds raak te sien.

Hierdie webinaar is ideaal vir entrepreneurs, praktykbestuurders, kantooradministrateurs, mediese professionele persone, regslui en ander nie-finansiële gebruikers wat hul onderneming met meer insig wil bestuur.

Ons gesels oor die volgende:

– Hoe om finansiële state prakties te interpreteer.

– Die verskil tussen wins, kontantvloei, likiditeit en solvensie.

– Waarom winsgewende ondernemings steeds kontantvloeiprobleme ervaar.

– Hoe om finansiële waarskuwingstekens vroegtydig te identifiseer.

– Belangrike finansiële verhoudings en wat dit oor jou onderneming verklap.

– Hoe om beter besluite oor pryse, groei, voorraad en befondsing te neem.

– Hoe om die regte vrae aan jou rekenmeester en finansiële adviseurs te vra.

 

Nadat jy hierdie webinaar bygewoon het, sal jy:

– finansiële state met meer selfvertroue kan benader;

– die finansiële gesondheid van jou onderneming beter verstaan;

– vroeë waarskuwingstekens van finansiële druk kan identifiseer;

– beter sakebesluite op grond van finansiële inligting kan neem; en

– finansiële inligting as ʼn praktiese bestuursinstrument kan gebruik.

Bespreek jou sitplek hier:

Oeps! Hierdie blad is nou gesluit!