Solidariteit se Regsnetwerk en Finansiesnetwerk se gholfdag het ten doel om studente met hul studie te help! Ons wil aan toekomstige studente in regte en finansies die geleentheid gee om sonder bekommernis te kan studeer en op hul studie te fokus.

Dié fonds word deur die Solidariteit Regsnetwerk, die Solidariteit Finansiesnetwerk en Solidariteit Helpende Hand Studietrust bestuur. Ons nooi jou uit om nie net tot die fonds by te dra nie, maar om ook die dag saam met ons te kom geniet.

Meer besonderhede oor die geleentheid:

DATUM: 26 September 2024 | PLEK: Copperleaf Golf and Country Estate

PROGRAM

10:00 – Registrasie
11:00 – Kanon-afslaan / “Shotgun start”
18:00 – Prysuitdeling

KOSTES

Vierbal: *R4 500,00 *Dit sluit die volgende in: Baangeld (“green fees”), twee gholfkarretjies per span, die uitspanplek (“halfway house”) en ʼn ete tydens die prysuitdeling. Borg van putjie: R2 500,00 (Pryse kan ook geborg word.)

Voltooi die onderstaande vorm
om jou span vir die dag in te skryf:

Golfdag
Checkboxes *