Solidariteit wil met die #JongReus-toekenning erkenning gee aan ʼn student wat tydens hul studie uitblink deur talent, ywer, passie en toewyding. ʼn #JongReus is oplossingsgedrewe, staan nie terug vir uitdagings nie, is gemotiveerd om te leer en neem die voortou met toewyding, eerbaarheid en deursettingsvermoë.

  1. Nomineer ʼn Bo-Karoo-student vir die #JongReus-kompetisie en gee aan hierdie talentvolle studente die erkenning wat hulle toekom.
  2. Daar is drie kategorieë vir die 2026-#JongReus-kompetisie:
  • #JongReus: Landbou
  • #JongReus: Ambag
  • #JongReus: Gesondheid en Welstand
  • Nominasies is gratis. Studente kan hulself nomineer, ʼn medestudent nomineer, of enige Bo-Karoo Opleiding-personeellid kan ʼn student nomineer.
  • Deelname aan die kompetisie impliseer aanvaarding van alle bepalings, reëls en voorwaardes.
  • Elke deelnemer moet aan die volledige proses deelneem om vir ʼn prys in aanmerking te kom. Dit is elke deelnemer se eie verantwoordelikheid om alle vereiste aktiwiteite by te woon en die proses suksesvol te voltooi.
  1. Die verskillende kategorieë se nominasietydperke is soos volg:
  • Gesondheid en Welstand: 20–27 April 2026
  • Landbou: 20 April–11 Mei 2026
  • Ambag: 20 April–11 Mei 2026
    • Nominasies geskied deur ʼn nominasiekaartjie op kampus in te vul.
    • Genomineerdes sal daagliks op ʼn WhatsApp-groep geplaas word; deelname aan die groep impliseer aanvaarding van die nominasie.
    • Gesondheid en Welstand-kandidate neem in groepverband deel. Groepe word deur BKO-personeel saamgestel.
    • Aktiwiteite vir Gesondheid en Welstand-kandidate vind op 4, 5 en 6 Mei 2026 plaas. ʼn Wengroep sowel as ʼn algehele wenner van die dag sal aangewys word.
    • Landbou- en Ambagkandidate neem op 18 Mei 2026 deel aan die landbou- en ambagresies.
    • Finale onderhoude vir Landbou- en Ambagkandidate vind op 19 Mei 2026 plaas.
    • Die prysuitdeling vir al drie kategorieë vind op die aand van 19 Mei 2026 plaas. Deelnemers moet teenwoordig wees om hul pryse te ontvang.
    • Wenners (eerste, tweede en derde plek) word bepaal op grond van onderhoude, resies en ander kriteria. Die volledige kriteria is op versoek beskikbaar.
  1. Die beoordeling van wenners is finaal en nie onderhandelbaar nie. Besluite word geneem deur ʼn paneel kundiges wat deur Solidariteit en Bo-Karoo Opleiding aangewys is.
  1. Wenners sal op al Solidariteit se openbare platforms aangekondig word, asook tydens die sosiale geleentheid van 19 Mei 2026.
  2. Pryse kan nie oorgedra, omgeruil of uitgeruil word nie.
  3. Wenners stem in om deel te neem aan openbare en mediageleenthede wat met die kompetisie verband hou. Hulle stem ook in dat hul besonderhede op Solidariteit gepubliseer mag word en dat hulle die organisasie sonder vergoeding sal help bevorder en bemark.
  4. Deelnemers stem in dat hul inligting gebruik mag word vir kommunikasie, insluitend die toevoeging tot ʼn WhatsApp-groep vir kompetisiereëlings.
  5. Alle inskrywings word die eiendom van Solidariteit en word in ʼn databasis opgeneem. Inligting sal vertroulik hanteer word en slegs vir Solidariteit se gebruik aangewend word.
  6. Deelname impliseer toestemming om deur Solidariteit gekontak te word.
  7. Deelnemers vrywaar die Solidariteit Beweging, sowel as die borge en agentskappe betrokke by die kompetisie, teen enige skade en/of koste voortspruitend uit deelname of die gebruik van pryse.
  8. Solidariteit en sy vennote is nie aanspreeklik vir tegniese probleme wat kan veroorsaak dat ʼn inskrywing nie suksesvol ingedien word nie. Solidariteit aanvaar geen verantwoordelikheid vir inskrywings wat verlore raak, vertraag word of nie afgelewer word nie. Bewys van versending is nie bewys van ontvangs nie. Deelnemers is self verantwoordelik om ontvangs van hul inskrywings te bevestig.