Nou dink jy twee keer oor jou petroltenk, hoeveel wasgoedseep kos en of jy jou Starbucks maar vir kitskoffie moet inruil. As jy in jou 20’s is en sukkel om tussen dit of dat te kies, is jy op die regte plek!
Solidariteit bied op 7 Mei 2024 ʼn aanlyn sessie aan waar ʼn finansiële kenner jou gaan leer hoe om op ʼn klein salaris te begroot.
ʼn GRATIS begrotingstemplaat (Voltooi jou begroting in minder as 10
minute danksy hierdie templaat wat die somme outomaties vir jou doen.)
ʼn GRATIS profiel op Solidariteit met baie finansiële advies en artikels wat
oor werk handel
Toegang tot die gratis interaktiewe sessie met ʼn finansiële kenner wat al
jou vrae kan beantwoord