Solidariteit se Studente-aanbod
Solidariteit wil deur die #JongYster erkenning gee aan ’n student wat talent, ywer, passie en toewyding gedurende hul studie toon. ʼn #JongYster is oplossingsgedrewe, staan nie terug vir ʼn uitdaging nie en is gemotiveerd om te leer. Hy of sy neem die voortou in situasies met toewyding, eerbaarheid en ywer.