#JongYster van 2026
Solidariteit wil deur die #JongYster-toekenning erkenning gee aan ʼn student wat talent, ywer, passie en toewyding gedurende hul studie toon. ʼn #JongYster is oplossingsgedrewe, staan nie terug vir ʼn uitdaging nie en is gemotiveerd om te leer. Hy of sy neem die voortou in situasies met toewyding, eerbaarheid en ywer.
2. Nominasies is gratis.
3. Deelname aan die kompetisie impliseer aanvaarding van alle bepalings, reëls en voorwaardes. Die kompetisie duur van 3 Augustus tot 7 September 2026, wanneer die wenners aangekondig word.
4. Elke deelnemer moet aan die volle proses deelneem om vir die prys in aanmerking te kom:
5. ʼn Top-20 sal vanuit die nominasies gekies word, op grond van ʼn gemiddelde punt van hul teorie, handvaardigheid en generiese sweisuitslae, hul klasdeelname en punte wat aan hulle toegestaan is by die Ambagresies. Die diskresie om ʼn top-20 te kies berus uitsluitlik op Solidariteit se diskresie.
6. Punteskale is slegs op aanvraag beskikbaar. Die finale beslissing rakende punte berus egter op die diskresie van Solidariteit en Sol-Tech en is nie onderhandelbaar of onderhewig aan verandering nie.
Solidariteit en sy vennote is nie aanspreeklik vir enige tegniese foute wat daartoe kan lei dat ʼn inskrywing nie suksesvol ingedien word nie. Solidariteit aanvaar geen verantwoordelikheid vir inskrywings wat onafgelewer is, verlore raak of vertraag word nie. Bewys van versending is nie bewys van ontvangs nie. ʼn Inskrywer en genomineerde moet self ontvangs van sy of haar inskrywing bevestig.