Solidariteit se #Belastingwebinaar is die pynpil
vir jou belastingkopseer!

Belastingseisoen hoef nie jou stresvlakke deur die dak te stuur nie. Of jy nou vir die eerste keer belasting moet indien of net onseker is oor waar om te begin, Solidariteit se gratis #Belastingwebinaar gee jou die kennis en selfvertroue om belasting reg aan te pak.

Ons kundiges, Mariska Wanneburg, Thinus Nienaber en Nikki Kennedy, haal die raaisel uit belasting en wys jou presies wat jy moet weet – sonder ingewikkelde jargon of verwarrende verduidelikings.

Tydens die webinaar leer jy meer oor:

Belastingterminologie – wat al die belangrikste belastingbegrippe beteken en wanneer en hoe jy as belastingpligtige moet registreer.

Watter inkomste jy moet verklaar en watter dokumente jy byderhand moet hê.

Basiese belastingaftrekkings waarvoor jy moontlik kwalifiseer en watter dokumentasie daarvoor benodig word.

Die algemeenste foute wat eerstekeerbelastingbetalers maak, en hoe om dit maklik te vermy.

Moenie wag totdat die belastingseisoen jou onkant betrap nie. Kry die kennis, vra jou vrae en pak jou belasting met gemoedsrus aan.

Datum: 11 Augustus 2026
Tyd: 18:00
Plek: Regstreeks op Solidariteit-aanlyn

Jongwerkende Belastingwebinaar 2026
Checkboxes

eFiling – jou vennoot vir vinnige, veilige en moeitelose
belastingindiening

As jy ʼn besige jongwerkende is, is die SAID se eFiling die ideale oplossing! Hierdie aanlyn stelsel stel jou in staat om jou belastingopgawe 24 uur per dag, sewe dae per week veilig en gerieflik in te dien. Dit spaar jou tyd én die frustrasie van papierwerk en lang toue.

Belastingopgawes moet vanjaar tussen 13 Julie en 23 Oktober 2026 ingedien word. Danksy Solidariteit se Jongwerkende-lidmaatskap hoef die belastingseisoen nie ʼn kopseer te wees nie.

Hoe registreer jy vir eFiling?