Jou persoonlike handelsmerk is jou beeld na buite! Die wyse waarop jy dit bestuur, kan die boublokke wees wat dit laat groei, of dit kan die stootskraper wees wat dit afbreek. Solidariteit wil jou help deur aan jou die boustene te gee sodat jy jou persoonlike handelsmerk reg kan bou.

Kom netwerk eksklusief saam met beïnvloeders en entrepreneurs by wie jy meer kan leer oor hoe om die regte platform vir jou handelsmerk te kies.

Meer besonderhede oor die geleentheid:

DATUM:

30 Mei 2024

TYD:

18:00 vir 18:30

PLEK:

Spekboom-lokaal, Solidariteit Hoofkantoor, h.v. DF Malanlaan en Eendrachtstraat, Kloofsig, Centurion

Bespreek jou plek hier deur die volgende vorm in te vul:  

Voltooi die vorm om jou plek te bevestig:

Persoonlike handelsmerk-PTA
Bywoning
Checkboxes

Ernst van Zyl

Ernst van Zyl is die hoof van openbare betrekkinge by AfriForum en die regisseur van die dokumentêre film Selfbestuur. Ernst het ʼn meestersgraad (cum laude) in Politieke Wetenskap aan die Universiteit Stellenbosch verwerf. Hy is mede-aanbieder van die Podlitiek-podsending, is die gasheer van die Afrikaanse podsending In alle Ernst en het ʼn kanaal vir politieke kommentaar en onderhoude op YouTube.

Frik van Heerden

Frik van Heerden is ʼn visionêre entrepreneur en gemeenskapsleier wat hom daaraan toewy om totale verandering in tradisionele bedrywe teweeg te bring en inklusiwiteit in Suid-Afrika te bevorder. As die stigter sowel as uitvoerende hoof van RFG Capital en die finansiële hoofbeampte van Mapstieks-handelsbedrywighede het Frik se innoverende benadering en toewyding aan bemagtiging erkenning vir hom verwerf as ʼn dinamiese speler in die sakewêreld.


Benewens sy sakebedrywighede wy Frik hom aan mentorskap en om aan die gemeenskap terug te gee. Frik was ʼn deelnemer aan die kompetisie vir die gesogte Mnr. Suid-Afrika 2023-titel en het tweede geëindig. Frik wil aspirant- jong entrepreneurs inspireer en bystaan deur sy kennis, ervarings en insigte met hulle te deel. Op dié manier hoop hy om ʼn rolmodel vir sukses te wees en ander aan te moedig om hul passie met vasberadenheid en veerkragtigheid na te streef.


Frik van Heerden se onwrikbare toewyding aan die bemagtiging van besighede, die bevordering van inklusiwiteit en die benutting van sosiale media om positiewe verandering teweeg te bring, het ʼn blywende impak op die entrepreneuriese landskap in Suid-Afrika.

Francois Boyce

Francois Boyce is 33, getroud en die eienaar, vervaardiger en bestuurder van die sosialemediaplatform, #Hoezitsamelewing. Hy is ook ʼn sanger, pianis, motiveringspreker, kindervermaakkunstenaar, klavieronderwyser, stemkunstenaar, handelsmerk-ambassadeur en pastoor. Sy grootste passie is om oral waar hy beweeg ʼn verskil te maak – al is dit net om iemand te laat glimlag, lag of dink. Humor, musiek en sosiale media is die instrumente wat Francois gebruik om ʼn impak te maak, nie net in Suid-Afrika nie, maar ook in die buiteland. “As God vir jou ʼn droom en ʼn plan gegee het, is jou grootste missie op aarde om dit te na te jaag.”