Nomineer die kantoorpraktisyn wat
administreer, motiveer en organiseer!

Kantoorpraktisyns is die steunpilaar van elke kantoor. Sonder hulle uitsonderlike administratiewe en prioritiseringsvaardighede sal elke kantoor in chaos gedompel wees.

Vereer vandag die kantoorpraktisyn in jou lewe wat sonder enige huiwering take aanpak en sorg dat alles in die kantoor glad verloop deur oplossings vir probleme te vind voordat kollegas enigsins besef daar is ʼn probleem.

Wie kan genomineer word?

Enige persoon met ʼn onblusbare passie vir hulle beroep, wat in ʼn administratiewe hoedanigheid in ʼn onderneming, organisasie, praktyk of skool werksaam is, onder meer as kantoorbestuurders, ontvangspersoneel, persoonlike assistente en datavasleggers.

Die nominasie fase is tans gesluit.